
Leer vir Liza Louw ken
U DA kandidaat is ‘n trotse inwoner van Breipaal sedert 1993. Liza was vir baie jare lank betrokke in ‘n familie besigheid, asook haar eie besigheid, ‘n haarsalon wat sy prys gegee het om in haar gemeenskap betrokke te raak.
Liza is betrokke by die gemeenskap-polisiëringsforum (GPF) asook die welsyn departement. Sy is baie lief vir kinders en jongmense asook die senior burgers.
Liza is ‘n trotse moeder van drie en ‘n ouma van twee. Klassieke musiek en sing is haar voorliefde.
Haar passie vir geregtigheid en om ‘n verskil in die gemeenskap te maak, is haar dryfveer
My prioriteite is om:
Gemeenskapsveiligheid:
Ek sal nou saamwerk met die GPF en ‘n werksverhouding met die polisie bou om gemeenskapsveiligheid te verhoog. Deur aktiewe betrokkenheid van inwoners aan te spoor, kan ons vertroue in die gemeenskap herbou en verseker dat elke inwoner veilig en gerespekteer voel. So kan ons ook geslagsgeweld en misdade wat gekoppel is aan alkohol – en dwelmmisbruik, hok slaan.
Dienslewering
Ek sal noodsaaklike dienslewering in wyk 5 prioritiseer. Dit sluit in die voorsiening van skoon water, veilige en funksionele toilette, en die verska¬ng van elektrisiteit aan huishoudings. Benewens basiese dienste, verdien inwoners ook om in ‘n skoon omgewing te leef. Ek sal hierdie reg bevorder en beskerm. Ek sal ook alle munisipale klagtes van inwoners opneem en vir oplossings veg.
Gemeenskapsontwikkeling en plaaslike ekonomie
Saam met die gemeenskap, kerke, plaaslike owerhede en maatskaplike welsyn, sal ek sorg en ondersteuning aan gemeenskapslede in nood prioritiseer, veral ons jongmense en kinders wat op straat woon. Ek sal ook plaaslike ekonomiese geleenthede bevorder om mense uit armoede te help lig en ‘n blinker toekoms vir die jeug te verseker
Can I vote in this election?
You can check if you are registered at one of these voting stations in Ward 5 Siyancuma:
BREIPAAL GEMEENSKAPSAAL
WESLAAN SECONDARY SCHOOL
Om meer uit te vind: https://check.da.org.za


