Leer ken Allan Willaims

Jou DA-kandidaat Allan is die afgelope 51 jaar ‘n trotse inwoner van Swartland.

Allan is die voormalige ondervoorsitter van Abbotsdale Rugbyklub. Hy het by Bokomo gewerk as ‘n kassier en Assistent-bestuurder en daarna as ‘n senior-toesighouer by Swartland Groep, Pinedoors. Hy het toe by Kaap Agri aangesluit waar hy vandag nog as ‘n Senior-verkoopsman werksaam is.

Hy is die jongste eerbare lid van Befarel Rugby. Hy is ook ‘n Boland Bestuur- en Skeidsregterlid en Ondervoorsitter van Abbotsdale R.V.C.

Hy het in 2000 by die DA aangesluit en was vir vyftien jaar die Wyk 7-takvoorsitter en was ook ‘n wykskomiteelid.

Hy is getroud met Yolene en het drie kinders.

“Ek wil die gemeenskap verteenwoordig en ongelykhede aanspreek. Ek wil dienslewering in ons wyk verbeter.”

– Allan Williams, Wyk 7 DA-kandidaat.

My prioriteite:

  • Ek sal saam met die munisipaliteit werk om te verseker dat ons met ’n langtermynplan vorendag kom en onwettige stortings- en rioolkwessies wat ons in ons wyk het, aanspreek.
  • Ek sal altyd beskikbaar wees om na ons inwoners te luister en hulle na die beste van my vermoë by te staan.
  • Ek sal ons inwoners bystaan om enige diensleweringskwessies wat hulle mag ervaar aan te meld en aan hulle terugvoer te gee oor die uitkoms.
  • Ek sal saam met ons plaaslike SAPD en ons gemeenskap werk om dwelmmisbruik en misdaad in ons wyk aan te pak. Ons inwoners moet veilig voel in die area waarin hulle woon.

Ek wil hê ons inwoners moet trots voel op die area waarin hulle woon.

Allan Williams is 'n kandidaat vir al die inwoners van Wyk 7 in Swartland