MOSSELBAAI IS OPPIT

Leer Linda ken

Jou DA-kandidaat Julinda (Linda) Brown, is ‘n trotse inwoner van Wyk 9 Mosselbaai.

‘n Boorling van Mosselbaai, wat weer sedert 1999 in die dorp woon nadat haar ouers vir werk moes verhuis. Sy was onder meer betrokke by Binnelandse Sake, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, die Departement van Landbou en SASSA.

Sy het haar loopbaan as voltydse gemeenskap-ontwikkelingswerker in 2006 afgeskop.

Sy is die trotse moeder van Jermaine (35) en Kyle (31).

“Ek het ‘n passie vir die jeug en glo ons as gemeenskap kan ‘n beter toekoms vir ons jeug verseker. Daar is soveel meer in die lewe as dwelms en drank en soms het mense net iemand nodig om dit vir jou te wys.”

Wyk 9 is die hart van Mosselbaai, met Linda as jou raadslid wat daardie hartklop van die gemeenskap in die Raad sal verteenwoordig vir elke persoon vanaf Tarka, D’Almeida en die hele Wyk 9.

My Prioriteite:

Deernis:

Ek sal verseker dat daar kommunikasie is tussen my en die munisipaliteit, namens die gemeenskap, om die deernisgevalle in die Wyk aan te spreek.

Geblokte Krag:

Ek sal verseker om aan die gemeenskap inligting te verskaf met die rapportering van geblokte krag.

Jeugkantoor:

Om te dryf dat die jeugkantoor ‘n persoon – moontlik uit die SED – permanent aanstel sodat die kantoor op ‘n daaglikse basis oop is. Dit sal ons jeug assisteer met onder andere afdrukke vir take, navorsing wat ons jeug moet doen asook die druk van CV’s vir jongmense wat na werksgeleenthede soek.

Kan ek in hierdie verkiesing stem?

Jy kan as jy geregistreer is by een van hierdie stemlokale in Wyk 9 Mosselbaai:

  • D’Almeida Community Hall
  • El Shaddai Church
  • SAO Brass Secondary

Om jou registrasiebesonderhede na te gaan, besoek asseblief: https://check.da.org.za   

 

Endorsements